Copy

 
Beste Luisteraar

Musiek is nie sommer net musiek nie. Nie op RSG nie. Verlede jaar het ons besluit om die musiek wat deur die loop van die dag op RSG gehoor word, te verander. Die klank wat ons wil hê, is volwasse kontemporêre musiek wat die gemiddelde luisteraar goed sal laat voel. Musiek wat nie ooglopend irriterend klink nie, maar wel met ‘n gawe ritme en wysie. Van Augustus af het ons begin om die weeksdag-musiek aan te pas en beter te skeduleer. Nou wil ons by jou weet of jy dit opgelet het en wat jy nou dink van die musiek wat weeksdae in die loop van die dag gehoor word. Klik hier en antwoord ‘n paar vrae.
 
Buiten die weeksdag-musiek, is RSG een van min, moontlik die enigste, radiostasie wat ‘n wye spektrum van spesialis-musiekprogramme saamstel en uitsaai. Ek dink nou aan country, opera, klassieke musiek, boeremusiek, jazz, blues, wêreldmusiek, dansmusiek, gospel, gewyde musiek, koormusiek, kletsrym, popmusiek, rock ens. Hierdie spesialismusiek is uiteraard nie gerig op die gemiddelde luisteraar nie, maar om ook vir luisteraars met ‘n spesifieke spesialis-musieksmaak  te akkommodeer.

Op die ritme van ‘n walsie, wag ons nou op jou terugvoer.

Magdaleen en die RSG-span

MOENIE DIé PROGRAMME MISLOOP NIE!

Nuwe Musiekreeks

RSG saai tans ‘n splinternuwe Sondagoggend-musiekreeks “Klankbaan” uit. Die samesteller en aanbieder, Chris Maas, gee jou ‘n kykie na wat agter die skerms aangaan en hoe hy die snitte uit die klankbane van flieks en konserte kies.
Luister Sondagoggende 10:00.

Lees meer.

Brulsand tot dusver

Wat gebeur in Brulsand? Twee van die karakters in ons middagvervolgverhaal is reeds dood en ‘n derde word vermis. Wie is die moordenaar? En wie is die volgende slagoffer? En wat is die motief?

BRULSAND wentel om ‘n moord-ondersoek en is vol spanning, intrige, geheime en ook humor. Die storie nader nou die halfpadmerk, maar ons bring jou hier op hoogte met die gebeure tot dusver.

Lees meer.
 

Die toebroodjie-meneeer

Op Uitenhage vind ‘n mens die sonderlinge verhaal van ‘n toebroodjie-meneer wat jare gelede ‘n arm, uitsiglose outjie só geïnspireer het dat hy vandag skoolhoof is. Hy is Stephen de Bruin, hoof van die John Walton Sekondêre Skool op Uitenhage. Hy pas dieselfde beginsels as sy toebroodjiemeneer op sy leerlinge toe. Luister Donderdagaand om 20:00 na dié dokumentêr deur Mariska Spoormaker.

Lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.
Corona-virus uitbreking
Dié virus het die wêreld op hol, met 40 miljoen mense in Chinese stede in kwarantyn. Hoe dodelik is die vrius? Is ons in Suid-Afrika in gevaar?
Lees meer.
Finansies
Skuld het ingrypende gevolge vir huishoudings. Ryk van Niekerk maak interessante statistieke bekend en gesels met kenners oor krediet en skuld.
Lees meer.
Praat Saam
Wat is fout met ons polisiediens? Geweldsmisdaad neem toe, en die  SA Polisiediens is nie in staat om sy mandaat uit te voer nie – in weerwil van 152,000 opgeleide polisiebeamptes.
Lees meer.
Regsake
Waarom is dit belangrik om ‘n kind se mening te hoor in ‘n hofgeding oor ouer-toesig oor die kind? En kan ‘n kerk keer dat ‘n drankwinkel langsaan gebou word?
Lees meer.
Geestesgesondheid
Hoe hanteer ‘n ouer die verlies van ‘n kind? Word die pyn en verlange ooit minder? Lienka Louw (10) (foto) van Kuilsrivier is maar een van baie kinders wat oorlede is en ouers en ‘n sussie agterlaat.
Lees meer.
Gesondheid
Kan jy jou indink: ’n breinoperasie met instrumente deur die neus en langs en bokant die oog? Sonder enige snitte aan die skedel en twee dae later weer tuis. Prof Darlene Lubbe is ‘n wêreldleier op dié gebied.
Lees meer.
Landbou
Hoeveel koeie maak goeie, ekonomiese melkkudde? ’n Navorsingsgenoot in veekundige wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch praat oor kuddegroei en versoorlewing.
Lees meer.
Klimaatsverandering
Sowat die helfte van alle landbougrond in die wêreld het reeds die afgelope 150 jaar onbruikbaar vir landbou geword. Kan goeie grondgesondheid die oorblywende landbougrond red?
Lees meer.
Sterre en Planete
Die FAST-teleskoop in China is die wêreld se grootste radio-teleskoop en het reeds nuwe lig gewerp op onontdekte sterre en nuwe wêrelde in die ruimte ontsluit.
Lees meer.
Hoe verklaar jy dit?
Huismyte is mikroskopies klein, maar het ‘n geheime lewe in jou bed en matras en kan tot allergieë lei. Die wyfie kan 100 000 eiers lê.
Lees meer.
 

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules:
 
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Twitter
Website
YouTube
Facebook
Kopiereg © 2020 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.


Opdateer jou besonderhede of kanselleer jou intekening.