Copy

 
Beste *|HTML:FNAME|*

Dis ‘n nuwe jaar en ons skep asem en baie moed. Klousule 189 (die afleggingsklousule) is van die baan. Hoewel die SAUK se geldsake steeds knyp, is ek nogal vol vertroue dat daar verligting/hulp oor die horison loer. Intussen doen jou stasie haar deel om die rieme bietjie dunner te sny, en met kreatiewe denke bykomende borgskappe te soek. En nee, anders as wat ‘n dagblad berig het, drink ons hier by RSG nie plastiekkoffie nie, maar regte egte moerkoffie. Dus: Ons maak altyd ‘n plan, en gee steeds ons beste vir ons luisteraars en ons sê dankie dat jy steeds ‘n getroue RSG-luisteraar is; ons waardeer jou lojaliteit en ondersteuning.

Van die dinge wat vanjaar voorlê, is die aftrede van ‘n gewilde omroeper, ‘n baba by RSG, Oppiwater Kunstefees, ‘n veranderde musiek-speellys, dekking van die algemene verkiesing, weer ‘n volwaardige RSG Kunstefees op Lug (as als volgens plan verloop) en dalk ook ‘n radio-kopano van skrywers en hul skryfsels.

Later meer oor bogenoemde. Geniet vir eers ons stories oor Veronique se Garage-wynmaak, en verlustig jou in ons dokumentêre seisoen en in al ons lekkerluister programme.
 
Groete uit Johannesburg. Reënwense vir res van die land.

Magdaleen en die RSG-span

Moenie dié programme misloop nie!

Dokumentêre seisoen

Donderdagaande om 20:00 is dit tyd vir ons dokumentêre seisoen. Die landskapskuns van Strijdom van die Merwe en baie ander lewensverrykende dokumentêre is op die spyskaart. Lees meer.

Nuwe Die Kwik Styg

Dié gewilde program word voortgesit. Jy kan uitsien na nóg insiggewende insetsels oor klimaatsveranderings en hoe dit boerdery-metodes en ons lewens raak. Lees meer.
Het jy al ooit gewonder hoe mens nou eintlik jou eie wyn maak? Wel, Middag op RSG regisseur Veronique van Heyningen het die afgelope paar maande by ‘Garagiste’-wynmaker, Bertus ‘Osbloed’ van Niekerk haar eerste Cabernet Sauvignon gemaak. Lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.
Hoe verklaar jy dit?
Bepaal jou gene jou vingerafdrukke? Waarom lê ‘n dooie insek op sy rug?
Lees meer.
Regsake
Hoe gemaak met die werknemer wat elke Vrydag siekverlof neem? Lees meer.
Gesondheid
Wat is in maermaak inspuitings? Waarom word mense weer vet ná HCG-diëte? Lees meer.
 
Geheime van die brein
Hoe ontwikkel ‘n baba en kind se brein? Hoe werk die leerproses? Lees meer.
Sylvester en sy trop
Die wegloper-leeu is nou pa van 2 en koning van ‘n trop van 8. Kyk die mooi foto's. Lees meer.
Duik
Wat gebeur met jou liggaam as jy afduik en weer na die oppervlak terugswem? Lees meer.
 

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules:
 
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Kopiereg © 2019 The Good Docs (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.


Opdateer jou besonderhede of kanselleer jou intekening.