Copy

 
Beste *|HTML:FNAME|*

Amore Bekker, van Tjailatyd-faam, het eendag hier by my kantoor ingewaai, ‘n plakker op die  rekenaarskerm hier voor my geplak en uitgestap. (Klik hier om te sien wat op die plakker geskryf is.)

Tussen al die nuus oor herstruksturering en afleggings by die SAUK, het RSG wel ook goeie nuus: ons het die eerste en tweede kwartale van die huidige finansiële jaar ons inkomste-teiken oortref en reeds ook die teiken vir Oktober, die eerste maand van die derde kwartaal, gehaal. Dankie aan ons kliënte wat steeds in die ekonomiese krag van RSG glo… 35% van die land se koopkrag kom immers van die Afrikaanse mark.

Van geld gepraat: Uitsaairegte van rugbytoetse is deesdae bitter baie duur. RSG kan dus nie altyd regstreekse kommentaar oor rugbywedstryde doen nie, veral nie wanneer die Springbokke in die buiteland speel nie. So, ons saai nie die Springbokke se huidige Europese toer regstreeks uit nie, maar die goeie nuus is dat die SAUK wel die uitsaairegte verkry het vir die splinternuwe  langverwagte Mzansi Super Liga krieketreeks – kortweg MSL. Dit is ‘n T20-reeks soortgelyk aan Indië se Premier Liga. Die eerste wedstryd is 16 November. (Lees hier meer oor die MSL en uitsaairegte).

Luisteraars doen deesdae navraag oor ‘n RSG Kerskonsert-opname, soos in die verlede, maar daar gaan nie vanjaar een wees nie.  Ook nie ‘n oujaarskonsert-opname nie. Terrance, RSG se programbestuurder, en kollegas is egter reeds besig om ‘n goeie kersdag-programskedule op te stel. En nog vóór Kersfees is daar ook die RSG Skatkis-konsert-uitsendings van 12 tot 14 November.

Groete uit ‘n pers Johannesburg (kyk ook die mooi foto's van Jakarandas in Johannesburg en Pretoria).

Magdaleen en die RSG-span

 

Ons nuwe vervolgverhaal is uit die pen van die bekroonde dramaturg en regisseur Charles J. Fourie en spog met ‘n sterbelaaide rolverdeling. Dit handel oor die lief en leed van ’n aantal uiteenlopende karakters wat in ‘n private aftree- oord vir aktiewe ouer mense woon, en hul interaksie met die jonger mense wat daar werk. Rus en Vrede begin op Dinsdag 13 November. Lees meer.

NUUT: Moenie dié misloop nie!

Viva Voce #5

Musiekreeks
Daar is iets besonders aan die klank as familielede saamsing. Luister Sondag om 10:00 na die Von Trapp familie, Johny en June Cash, Andrea en Matteo Bocelli, die Everly Brothers, Clair en Dave Crosby (foto) en vele meer. Die program word saamgestel deur Esté Gross.
Lees meer »

Lag Sonder Grense

Boek
Ian Wesels se grapboek vir grootmense is nou op die rak. Dit bevat humor oor ‘n breë spektreum, ingedeel volgens tema. As jy ‘n geskenk vir iemand soek, kan die boek jou redding wees. Kry jou kopie by toonaangewende boekwinkels. Jy kan dit ook direk bestel by Lapa Uitgewers of as e-boek by Amazon.com.
Lees meer »

Die Voëlhok

Radiodrama
In dié raaiselverhaal word ’n bejaarde vrou in haar geliefde voëltjies se hok dood aangetref. Het haar man haar hulpkrete daardie koue nag geïgnoreer, of was daar dalk iets meer sinister wat haar dood veroorsaak het?  Luister op 8 November na dié speurdrama wat jou enduit sal boei.
Lees meer »

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.
Mongolië
Die wêreld se langste perde-uithourit word in Mongolië gehou. ‘n Suid-Afrikaanse veearts vertel meer.
Lees meer.
Kinders en tieners
Ons kyk na 2 onderwerpe:
- Is jy 'n oorbetrokke ouer?
- Help jy jou tiener se drankgewoontes aan?
Doen-dit-net aksieplan
Op luisteraarsversoek, hiermee die skakel na al die inligting van die suksesvolle dieet- en oefenplan van 2017. Dis vir almal wat ‘n paar (of baie) kilo's wil afskud. Lees meer.
Gesondheid
Het jy geweet dat die DNS van die vier hoofgroepe van borskanker bepaal kan word en dat dié inligting dokters kan help om die beste behandeling te kies? Lees meer.
Wie is ek?
Is alles psigopate gevaarlik? Het jy geweet psigopatie, sosiopatie en antisosiale persoonlikheidversteuring is dieselfde? Lees meer.
 
Langste brug
China het pas die langste seebrug in die wêreld – 54,7 km lank) geopen. Die brug verbind Hong Hong met die Chinese vasteland. Lees meer.
Radioteater: Die Fietstoer
Twee mans uit twee geslagte pak ‘n moordende fietsrit deur die Karoo aan. Elkeen het sy eie redes. Aan die einde van die toer wag ‘n groot verrassing op hulle. Lees meer.
Die klank van ‘n ysbank
Wetenskaplikes het ontdek dat die Ross ysbank in Antarktika ‘n vreemde klank maak. Die klank is versterk sodat die menslike oor dit kan hoor. Lees meer.
 

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules:
 
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Kopiereg © 2018 The Good Docs (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.


Opdateer jou besonderhede of kanselleer jou intekening.