Copy

 
Beste Luisteraar

Terwyl ‘n sagte Kaapse reën al dae lank hier in Gauteng uitsak, dink ek aan die plekke waar mens en dier vergaan van droogte. Dis julle wat in hierdie tyd in my hart en gedagte is. (Lees meer hier).

Dit was in meer opsigte as die droogte inderdaad ‘n moeilike en vermoeiende jaar. Ek wens jou dus ‘n rustige en vredevolle feestyd toe. En dankie dat jy die afgelope jaar jou stasie naby aan jou hart gehou het, ten spyte van uitdagings en woelinge by en oor die SAUK. Ek waardeer jou lojaliteit. Dieselfde geld RSG se kliënte wat aanhou glo het in die stasie.

Getrou aan ons aard, is daar op oukersaand en Kersdag weer ‘n besonder mooi spesiale programskedule saamgestel. Daar lê ook ‘n heerlike storie-fees voor van 23 Desember tot 3 Januarie.

Geseënde Kersfees en vrede vir jou. En mag dit ‘n goeie 2020 wees wat op jou wag. 

Magdaleen en die RSG-span

Spesiale Kersprogramme

Ons bied weer op Kersdag spesiale programme aan om die gees van dié dag te vier. Die spesiale programme begin reeds op oukersaand. Ons bring ook ‘n storiefees van 23 Desember tot 3 Januarie.
Lees meer.

MOENIE DIé MISLOOP NIE!

Stem vir boek van die jaar

Klik hier en stem vir jou gunsteling skrywers en boeke en wen een van drie R1000 geskenkbewyse met komplimente van Graffiti Boeke. Stem nou.
En moenie vergeet om betyds van die goeie Kers-afslag – veral op boeke wat jy aanlyn bestel – gebruik te maak nie.
 

Brulsand

Ons nuwe middag vervolgverhaal speel af teen die agtergrond van ’n fiktiewe dorpie iewers diep in die Noord-kaap duskant die Witsand Natuurreservaat, waar die wêreldbekende Kalahari brulsand voorkom. BRULSAND is Charles J Fourie begin op Donderdag 12 Des, 14:45, net voor Spitstyd. Die storie wentel om ‘n moord ondersoek en is vol spanning, intrige, geheime en ook humor.
Lees meer.
 

Kulkiekies

Een aand is daar huismoles by die bure en Hannes verfilm die hele petalje met sy selfoon en plaas dit op sy eie sosiale media. Waar trek mens die streep met foto’s en video’s op sosiale media. Onskuldige handelinge kan tot groot tragedies lei.
KULKIEKIES, ‘n drama deur Deon Johnston word op Donderdag 12 Desember om 20:00 op RSG uitgesaai. Christelle Webb-Joubert is die regisseur.
Lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.
Ons Mej Heelal
Mej Suid-Afrika, Zozibini Tunzi, is pas in Atlanta as die nuwe Mej Heelal gekroon. Baie geluk aan dié mooi en slim Oos-Kapenaar wat die beoordelaars met haar laaste antwoord omgeboul het.
Lees meer.
Regsake
Is vakbondleiers aanspreeklik vir skade wat hulle lede tydens betogings aanrig? Wie erf as iemand wat binne gemeenskap van goedere getroud is, sonder 'n testament sterf? En het jy geweet die bose Ma Baker het regtig geleef?
Lees meer.
Monitor & Spektrum
Die gesig van die droogte in Noord- en Oos-Kaap is wreed. Marlinée Fouché het Noord-Kaap besoek, eerstehands die skokkend waarheid beleef en met die moedige mense gesels.
Lees meer.
Duur kankermedisyne
Kan die greep op duur medisyne in Suid-Afrika gebreek word? Luister na die reeks oor goedkoop generiese middels uit Indië vs duur kankermiddels.
Lees meer.
Sterre en Planete
‘n Komeet mag dalk nie veel skade aanrig as hy Tafelberg tref nie, maar ‘n ateroïed sal die berg platvee. En het jy geweet die son se magnetiese noord- en suidpole skuif voortdurend?
Lees meer.
Gesondheid
Ongelukkig is die feesgetyd vir baie ‘n alleentyd vir wie dinge te veel raak. As jy die risiko-stadiums vir selfdood herken en die regte hulp op die regte tyd kry, kan lewens gered word.
Lees meer.
 

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules:
 
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Twitter
Website
YouTube
Facebook
Kopiereg © 2019 The Good Docs (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.


Opdateer jou besonderhede of kanselleer jou intekening.