Copy

 
Beste *|HTML:FNAME|*

Dit het nou ‘n instelling geword: woelinge by die SAUK aan die einde van die jaar. Vanjaar was geen uitsondering nie. En toe gebeur dit weer, met bedankings uit die Raad verlede week, ‘n afdankingswaard wat oor die personeel en vryskutwerkers hang, onsekerheid oor of daar nog geld gaan wees om volgende jaar se salarisse te betaal en sommer net ‘n tamheid en ‘n goeie skeut van daai keelvol-gevoel.

Maar ons sal nie gaan lê nie, daarvoor hou ons te veel van die uitsaaiberoep en om vir ons luisteraars programme te maakl.

Ek is vol vertroue dat 2019 ‘n besondere jaar gaan wees vir uitsaai, vir RSG, vir die SAUK.

RSG se programme hier oor die feestyd is weer iets besonders. Terrance en sy span het ‘n mooi kersdagskedule saamgestel en dan is daar van die gewildste programme uit musiekreekse, dramas en RSG Skatkis wat deur die dag herhaal gaan word, spesifiek in die tydgleuf van Praat Saam en Spektrum. Jacques Arendt neem ons ook op 16 Baaise Draaie die laaste uur van elke dag van 22 Desember 2018 tot 6 Januarie 2019.
 
Hierdie is die laaste RSG-nuusbrief vir 2018. Dankie dat jy die pad saam met ons geloop het die afgelope jaar. En vir jou terugvoer en wenke oor programme en vir ondersteuning. Mag dit goed gaan met jou, mag daar vrede oor jou kom. Ons gesels weer in 2019!
 
Groete uit Johannesburg.

Magdaleen en die RSG-span

Ons het weer ‘n spesiale program-skedule op Kersdag, gevul met Kersmusiek, ‘n Kersdrama, luisteraarsversoeke en nog programme in die stemming van Kersfees. Lees meer.
Avontuur wag
Die Kgalagadi-oorgrenspark is een van ons pragtigste parke en ’n wonderlike plek om met jou eie voertuig te besoek. Die gewilde gidsboek Kgalagadi Self-drive – Routes, Roads and Ratings is nou beskikbaar teen 'n spesiale prys betyds vir die feesseisoen. Lees meer 

NEEM KENNIS

In Gesprek met Ton Vosloo

Media reus Ton Vosloo was in die ateljee en het met Martelize Brink by Oggend op RSG gesels oor sy bynaam, kinderdae en kantelpunte in sy suksesvolle media loopbaan. Hy praat ook oor sy nuwe boek Oor Grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering.  Lees meer

Radioteater

Luister Donderdagaande om 20:00 na uitstekende radiodramas soos Geblik deur Esther von Waltsleben, Elke pot, ‘n Wonderwerk vir Kersfees deur Riana Scheepers. Die seisoen sluit op 27 Desember af met Mike en Mavis. Lees meer

MSL Krieket

T20 krieketreeks
Die Cape Town Blitze pronk ná 8 wedstryde bo-aan die punteleer van die Mzanzi Super Lliga (MSL) T20 reeks. Volg die reeks saam met RSG tot die eindstryd op 16 Desember. Lees meer

RSG Boeke en CD's

RSG se boeke en CD's is beslis ideale Kersgeskenke. Van ‘n Goue Oues CD, tot Toe Val Lig en die Taalboek, of die boek oor Sterre en Planete, of Lag Sonder Grense is maar enkeles om uit te kies.
Lees meer
Tharien Oosthuizen, RSG se musiek-samesteller en ook regterhand met digitale werk, het RSG verlaat. Sy is aangestel as Departementshoof van Musiek by Hoërskool Florida, waar sy haar passie om kinders aan die wonderwêreld van musiek bekend te stel, wil uitleef. Sy vertel van die draaie wat sy geloop het, haar gesin (onder) en haar nuwe lewe. Lees meer

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.
Jody by leiersberaad
Jody Hendricks het eerstehands die boodskap gehoor van Bill en Hillary Clinton en ander leiers aan jong leiers. Lees meer
Spartathlon
Sal jy, soos die Griekse hardloper van ouds, byna 250 km oor berge en dale binne 36 uur kan aflê? ‘n Suid-Afrikaner het dit gedoen. Lees meer
Palmolie omstredenheid
Waarom bedreig palmolie-gebruik oerangoerangs en jou gesondheid?
Lees meer
Regsake
Wie mag skuld invorder, en alles wat jy wil weet oor skuldinvordering. Lees meer
Gesondheid
Ons kyk na die jongste tendense in knievervangings, soos die goeie resultate met halwe knievervangings. Lees meer
 
Bloublasies
Bloublasies is eintlik 4 organismes in een, elk met sy eie funksie. Maar dis die pynlike sweepslag wat ons pla. Lees meer
Radioteater: Roadtrip
Twee vroue ry agter vryheid aan. Maar die avontuur wat op hulle wag, is nie heeltemal wat hulle in gedagte gehad het nie. Lees meer
Ons eie Strelitzia
Ons inheemse Strelitzia reginae betower mense wêreldwyd.Keith Kirsten vertel meer van dié besonderse plant. Lees meer
 

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules:
 
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Kopiereg © 2018 The Good Docs (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.


Opdateer jou besonderhede of kanselleer jou intekening.