Copy

 
Beste *|HTML:FNAME|*

Ek is sommer bitter trots om te kan sê dat RSG midde-in hierdie uitdagende finansiële jaar van die SAUK, op pad is, lyk dit vir my, om ons inkomste-teiken vir die boekjaar te bereik.

Ons gaan voluit voort met die beplanning van nuwe dinge. Kyk net alles wat nuut en vars is op jou stasie vanaf 1 April in Wat is Nuut? hieronder. Daar is ‘n nuwe rugbyprogram, ‘n nuwe musiekreeks, ‘n nuwe dramaseisoen, ‘n nuwe vervolgverhaal, ‘n nuwe oggend-boekvoorlesing, ‘n nuwe aand-boekvoorlesing en veel meer.

Ons is in die era van nuwe tegnologie en dít bring ook veranderings. Met die koms van internet-stroom en huissatelliet-dienste, het die tyd aangebreek dat kortgolfdienste wêreldwyd ingekort word. Dit gebeur ook in Suid-Afrika. Die Bloemendal-sender by Meyerton word die einde van die maand afgeskakel. Dit beteken dat luisteraars op verafgeleë plekke in die Noordkaap en dele van Namibië, wat nie toegang tot satelliet-ontvangs of internet-stroom het nie, nie meer RSG se sein sal kan ontvang nie. Maar ek is seker die meeste van julle in daardie gebiede het al ingeskakel by die moderne kommunikasie-kanale wat deur die internet en satelliet moontlik gemaak word. Probeer gerus die nuwe tegnologie, want elke luisteraar is vir ons belangrik!

Lees hier meer oor die geskiedenis van kortgolf-uitsendings in Suid Afrika, hoe internasionale radiodienste oor dié golflengte gehoor is en die bydra wat dié senders gelewer het.

Ons hoop julle geniet ons reeks vernuwings hierdie herfs.

Groete uit Johannesburg.

Magdaleen en die RSG-span

WAT IS NUUT?

Vanaf 1 April – die begin van die tweede kwartaal – bring ons so paar vernuwings om jou diverse luistergenot te verseker.
Nuut op Tjailatyd
Skarnier-oomblik en Toe weet ek net! is twee nuwe insetsels in Tjailatyd. Maar dis nie al verandering nie!
Lees meer.
Nuwe rugbyprogram
Jody Hendricks se nuwe rugbyprogram Skrumtyd op RSG, skop op 1 April af. Verwag robuuste ontledings.
Lees meer.
Nuwe vervolgverhaal
Stoom, deur Anton Treurnich, is ons nuwe middag-verhaal. Dit speel af op die luukse trein tussen Kaapstad en Dar-es-Salaam en is propvol avontuur, spanning en drama. Dit begin op 3 April.
Lees meer.
Nuwe boekvoorlesing soggens
Hans steek die Rubicon oor, die asemskep-boek deur Rudie van Rensburg, word van 3 April soggens deur Tobie Cronje voorgelees.
Lees meer.
 
Nuwe dramaseisoen
Van wendramas tot lawwe lagmedisyne is te hoor in ons nuwe radiodrama-seisoen wat op 4 April begin.
Lees meer.
Nuwe boekvoorlesing saans
Ons nuwe aand-boekvoorlesing is Een nag en ‘n bietjie deur Hester Kruger. Amor Tredoux lees dié verhaal wat jou nie onaangeraak sal laat nie.
Lees meer.
Nuwe musiekreeks
In Haidee se Wegtreknommertjies, wat Maandagaand 8 April begin, speel Haidee Muller die liedjies waarmee sy elke dag die pad vat.
Lees meer.
Uit ‘n ander hoek: Reeks 5
Jy kan van 7 April dié reeks luister waar uit ‘n ander hoek oor spiritualiteit en godsdiens gesels word. 
Lees meer.

Moenie dié program misloop nie!

Dokumentêr

Luister Donderdagaand om 20:00 na Nooit te oud vir ballet nie, ‘n dokumentêr oor ‘n balletklas vir 60-plussers op Mosselbaai en ‘n 78-jarige wat ligvoets ballet. Die program is saamgestel deur Mariska Spoormaker.
Lees meer.

Toe Derrich Gardner hoor van ‘n gestremde katjie wat huis soek, of anders uitgesit sou word, het hy vinnig gespring om die katjie te probeer red. Die katjie se voorpote is nie reg ontwikkel nie, en krom en die katjie loop op haar elmboë. Een van Derrich se Vat 5-gaste, Hanni Truter van Upington, het nie ‘n oomblik gehuiwer nie, en nou het Chloe ‘n liefdevolle huis. Lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.
Sterre en Planete
Wat is tyd? En wat is sterretyd? Hoe verskil dit van sontyd? Waarom word sterretyd by Sutherland gebruik?
Lees meer.
Regsake
Het jou idilliese tyddeel-vakansie ‘n nagmerrie geword? Luister na regsaspekte oor tyddeelskemas.
Lees meer.
Gesondheid
Wat is ‘n atroskopie? Hoe kry ortopede dit reg om ‘n nuwe kruisligament in die knie te skep deur sleutelgat-chirurgie?
Lees meer.
 
Geheime van die brein
Hoe verwerk jou brein kleur? Waarom hou die blou lig van selfone ons wakker? Sien mans en vroue kleure verskillend?
Lees meer.
Hoe verklaar jy dit?
Kan ‘n mot só mooi wees? En hoe klink die roep van die reënvoël?
Lees meer.
Wie is ek?
Ontrouheid word uit die hoek van die ontroue en die slagoffer bekyk.
Lees meer.
 

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules:
 
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Kopiereg © 2019 The Good Docs (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.


Opdateer jou besonderhede of kanselleer jou intekening.