Copy

 
Beste *|HTML:FNAME|*

Gegroet hier vanaf my lessenaar in Radiopark hier in Auckland Park. Goeie nuus vir almal wat al navrae gerig het... ja, RSG Skatkis gaan weer aangebied word, en wel in November.

Ons gaan die SAUK se gerestoureerde en blinkgepoetse orrel inwy as deel van RSG Skatkis. Ek wil nou nie spog nie, maar RSG was ‘n groot dryfveer agter die restourasie-proses. ‘n Paar jaar gelede, met ons eerste RSG Kunstefees op lug, wou ons ‘n groot orrelwerk insluit. Toe kom ons agter die orrel werk al vir jare nie meer nie; dit sal eers herstel en gerestoureer moet word. RSG en ons kollega Suzette Lombard van die klassiekemusiek-biblioteek hier by die SAUK, het toe die wiel aan die rol gesit; die sakeplan en begroting is voorgelê en goedgekeur. En nou is ons gereed om die orrel in te wy, met ‘n groot orkes en al. En dis al wat ek vir eers kan uitlap.

Groete vir eers,
Magdaleen en die RSG-span
SAUK se orrel is gerestoureer
Daar is weer lewe in die orrelpype van die SAUK se 42-jaar oue pyp-orrel in M1 Ateljee in Aucklandpark. Dié orrel, na jare se verval, is die afgelope 2 jaar danksy die dryfkrag van RSG, gerestoureer. RSG beplan ‘n groot orrelkonsert as deel van RSG Skatkis in November vanjaar. Luister hoe die orrel klink; Tharien het die orrel uitgetoets. Lees meer »

Moenie dié misloop of miskyk nie!

Vat 5 volume 7 is op die rak!

Die sewende CD in hierdie gewilde reeks is nou te koop. Derrich Gardner vertel meer van die CD met treffers van Gé Korsten, Helmuth Lotti, Edith Piaf en vele meer, en die gewilde program. Lees meer »

Geluk aan die 4 wenners

Is jy dalk een van die wenners van die Rand en Sent boek wat saamgestel is uit die beste wenke oor persoonlike finansies uit RSG se gewilde geldprogram. Klik net op hierdie skakel, en vind uit of jy een is. Lees meer »

Ons dokumentêre seisoen

Insiggewende en meelewende dokumentêre programme wag op jou hierdie seisoen. In Augustus kan jy luister na programme oor John Miles, ‘n Engel van Vredenburg en die dankbare, nuwe lewe van orgaan-ontvangers. Lees meer »

IN DIE NUUS

Enkele hoogtepunte uit nuusgebeure en aktuele sake.

  • Wat is die gevaar as politieke partye omstrede/korrupte lede omhels en in hoë posisies plaas? Luister en lees meer.
  • is gelyke onderwys vir almal op alle vlakke (infrastruktuur, onderwysers ens.) haalbaar? Luister en lees meer.
  • Hoe stel mens die ongelykhede in Suid-Afrika, die ongelykste land in die wêreld, reg? Luister en lees meer.

LUISTER WEER

Het jy dalk een van dié programme misgeloop? Klik net op die skakels om meer te lees en na die potgooie te luister.
DOKUMENTêR
Die shackbouer en Freedom Farm se mense, deur Haidee Muller, het die hartsnare geroer. Lees meer.
BRABBELTYD
Moet ons ons troeteldier voorberei op die koms van ‘n nuwe baba? Hoe? Lees meer. 
GESONDHEID
Wat is die verskil tussen gewone vergeet en Alzheimer-vergeet? Lees meer.
REGSAKE
Godsdiens, skoolgelde en ander regsaspekte wat skole en beheerliggame raak, word bespreek. Lees meer.
HOE VERKLAAR JY DIT?
Waarom kraai ‘n buurman se haan snags en nie net met sonsopkoms nie? Lees meer.
STERRE EN PLANETE
Die langste maansverduistering van die eeu het ‘n indrukwekkende Bloedmaan opgelewer. Lees meer.

KITSSKAKELS

RSG programme en skedules:
 
BESTEL Programme op CD of skakel (011)714-6886
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie
SPORT Daar's elke dag sportprogramme
Kopiereg © 2018 The Good Docs (Pty) Ltd namens RSG, Alle regte voorbehou.


Opdateer jou besonderhede of kanselleer jou intekening.